Skip to main content

Swemmer & Levin

Vredenburg & Velddrif: 022 713 2221
|
Jacobsbaai & Langebaan: 022 714 2244

’n Weskushuis met die regte ligging, uitsig en prys bly gewoonlik nie lank op die mark nie, veral in die aanloop tot die somervakansie. Wanneer die perfekte eiendom beskikbaar is, wil jy ’n aanbod kan maak sonder om eers te skarrel om finansiering, dokumente en regsadvies in plek te kry.

’n Voorbereide koper is nie iemand wat oorhaastig teken nie. Dit is iemand wat vooraf weet wat hy kan bekostig, in wie se naam die eiendom geregistreer moet word en waarvoor dit gebruik gaan word. Daardie voorbereiding stel jou in staat om vinnig op te tree en ingeligte besluite oor jou eiendomsbelegging te kan neem.

Voordat jy jou handtekening op ’n koopaanbod plaas, maak seker die regsfondasie is gelê vir ’n suksesvolle eiendomstransaksie.

Bereken meer as net die koopprys

Die bedrag op die eiendomsadvertensie is nie die volle prys wat jy moet betaal nie. Daar moet ook voorsiening gemaak word vir onder meer die oordragskoste, verbandregistrasie, inspeksies en herstelwerk, veral by ’n kuswoning waar verfwerk, roesbehandeling, waterdigting of houtwerk jou ’n paar rand ekstra uit die sak kan jaag.

Indien jy ’n verband aangaan, is dit nodig om vooraf te weet vir hoeveel finansiering jy goedgekeur sal word. ’n Voorafkwalifikasie is nie die finale verbandgoedkeuring nie, maar dit help jou om binne ’n billike raamwerk te soek en ’n haalbare aanbod te maak.

Koop jy kontant, moet jy gereed wees om bewys van die beskikbare kapitaal te lewer. Bevestig ook of daar enige wagtydperk is indien die geld uit ’n belegging, die verkoop van ’n ander eiendom of ’n buitelandse rekening kom.

Besluit vooraf in wie se naam jy koop

Moenie wag totdat die koopaanbod voor jou lê om te besluit in wie se naam die eiendom geregistreer moet word nie. Jy kan die eiendom in jou eie naam, saam met ’n gade of mede-eienaar, of in sekere omstandighede deur ’n trust of maatskappy koop. Die eienaarskapstruktuur beïnvloed egter finansiering, belastingkostes, boedelbeplanning en die verkoop van die eiendom. Wanneer twee of meer persone die eiendom saam koop, is dit ook noodsaaklik om vooraf te bepaal hoeveel elkeen bydra, hoe uitgawes verdeel word en wat moet gebeur indien iemand later sy aandeel wil verkoop.

Om ’n koper se naam later op die titelakte te verander is nie ’n eenvoudige proses nie. So ’n verandering kan regsimplikasies of belastinggevolge hê. Daarom kan die regte advies vroegtydig verseker dat die struktuur van jou eiendomstrasaksie by jou behoeftes en jou omstandighede pas.

Kry jou papierwerk in orde

Eiendomstransaksies sloer dikwels wanneer dokumente ontbreek of persoonlike besonderhede nie ooreenstem met mekaar nie. Hou die volgende op datum sodat jy met gemoedsrus kan optree wanneer die regte eiendom sy verskyning maak:

  • Geldige identiteits- en FICA-dokumente.
  • Bewys van woonadres en jou belastingverwysingsnommer.
  • ’n Huwelikskontrak en besonderhede van jou huweliksgoederebedeling.
  • Bewys van voorafkwalifikasie of beskikbare kapitaal.
  • Trust- of maatskappydokumente indien die eiendom deur so ’n entiteit gekoop word.
  • Besonderhede van ’n bestaande eiendom wat eers verkoop moet word vir die transaksie om voort te gaan.

Maak ook seker dat jou volle name en identiteitsnommer korrek op die koopaanbod verskyn. ’n Oënskynlik klein fout kan later onnodige administrasie en oponthoud veroorsaak.

Bepaal vooraf wat in die koopaanbod moet staan

Wanneer ander kopers ook belangstel, is dit maklik om ’n koopaanbod onder druk te teken, sonder dat jy deeglik bewus is van al die koopvoorwaardes. Dit kan die volgende insluit:

  • Verbandgoedkeuring binne ’n haalbare tydperk.
  • Die verkoop van jou huidige eiendom.
  • ’n Goedgekeurde eiendomsinspeksie.
  • Die verskaffing of goedkeuring van uitstaande bouplanne.
  • Bevestiging dat korttermynverhuring toegelaat word.
  • ’n Volledige lys van meubels, toestelle en toerusting wat deel van die koop vorm.

Elke voorwaarde moet duidelik sê wat moet gebeur, wie daarvoor verantwoordelik is en teen wanneer dit afgehandel moet wees. Stel jou koopaanbod op deur gebruik te maak van ’n professionele regspan om onduidelike bewoording te voorkom wat latere struikelblokke, onnodige kostes en regsimplikasies kan veroorsaak.

Weet wat jy werklik koop

Die eiendom wat jy tydens die besigtiging sien, stem nie altyd ooreen met die eiendomsdokumente nie. ’n Buitekamer of woonstel kan aangebou wees sonder dat die planne goedgekeur is. Die titelakte kan ’n serwituut, toegangsreg of boubeperking bevat. ‘n Sonkragstelsel kan besit en bestuur word deur ’n eksterne energiemaatskappy.

Vra vroegtydig vir die titelakte, goedgekeurde bouplanne en die verkoper se openbaarmakingsvorm sodat jy presies weet wat by die eiendom ingesluit is en wat nie. Indien die eiendom deelvorm van ’n woonkompleks, behoort jy ook die skema se reëls, finansiële state en jongste notules nagaan om te weet wat die eiendom in realiteit vir jou bied.

’n Eiendom teen die kus kan skade bevat wat deur sout, wind, en vog veroorsaak is wat nie tydens ’n kort besigtiging opgemerk word nie. Daarom kan dit voordelig wees om die eiendom onafhanklik te laat inspekteer voordat jy met die transaksie voortgaan om te verhoed dat jy onnodige geld later aan herstelwerk moet spandeer.

Regsleiding gee jou ’n voorsprong

Die koper wat gereed is, hoef nie besluite onder druk te neem wanneer die regte eiendom skielik opduik nie. As jou finansiering, dokumente, vorm van eienaarskap en voorwaardes reeds in plek is, kan jy die transaksie vinnig laat voortgaan sonder onnodige komplikasies.

Dit is waar ’n ervare regspan wat die Weskus-eiendomsmark verstaan die verskil maak. Van die koopaanbod tot die uiteindelike registrasie help ons jou om ingeligte besluite te neem, moontlike probleme betyds op te los, en jou transaksie met groter sekerheid te hanteer.

Indien jy beplan om hierdie somer daardie vakansiehuis te koop waaroor jou gesin al jare droom, kontak Swemmer & Levin Prokureurs

 

Hoewel daar redelike pogings aangewend word om die akkuraatheid van die inhoud van hierdie publikasie te verseker, sal nie die skrywers van die artikels nie, sowel as die uitgewer, verantwoordelik wees vir enige gevolge wat voortspruit uit aksies wat gebaseer is op die inligting of aanbevelings wat hierin vervat is nie. Ons materiaal is net vir inligtingsdoeleindes.

Jan Fourie

Consultant |  Attorney, Notary & Conveyancer | BA. LLB

Jan graduated in 1974 with a five-year BA LLB degree from the University of Stellenbosch, whereafter he was admitted as an advocate and prosecuted as such in the Cape Town and Wynberg Courts. In 1974, he joined Swemmer & Levin as the Candidate Attorney of Mr Levin (founding member) and was admitted as an attorney on 7 April 1976, as a conveyancer on 11 January 1978, and as a Notary on 19 December 1984. Since 1974, he has served in various committees, including the West Coast Chamber of Commerce, the Vredenburg School Committee, and the Malgas Lions Club. 

Furthermore, Jan was the author of the first bilingual law book, The New Debt Collecting Procedures (Die Nuwe Skuldinvorderingsprosedures), which was used by all the Magistrate Courts throughout South Africa. With the founding of the Small Claims Court in Vredenburg, Jan served as one of the first Commissioners. He is currently based at Swemmer & Levin’s Vredenburg office and has been with our firm for more than 47 years.

Pieter Smit

Director | Attorney & Conveyancer | BA. LLB

Pieter obtained his BA Law degree from Stellenbosch University in 1995 and his LLB degree from the North-West University in Potchefstroom in 1998. He served his articles at Marais Muller Attorneys from 1998 to 1999 and was admitted as an attorney in 2000 and as a conveyancer in 2002. Pieter is the founder of PP Smit Attorneys, which opened its doors in 2004. He also became a director of Swemmer & Levin in 2006. Pieter loves the outdoors and participating in all forms of sport, including tennis, golf, fishing, spearfishing, scuba diving, and hiking. 

Johann Maree

Consultant | Attorney | BA. LLB

Johann matriculated at Oudtshoorn High School and attended Stellenbosch University, where he obtained his BA Law and LLB degrees. Following his studies, he worked for three years as State Prosecutor at the Magistrate’s Court in Cape Town. Johann completed his legal training with the State Attorney in Pretoria and then moved to his hometown, Oudtshoorn, where he worked as a lawyer for a year. In 1983, he finally moved to Vredenburg and joined Swemmer & Levin. When he is not in the office, Johann enjoys cycling and in his earlier days, he used to be a long-distance junkie.

Richard Phillips

Director | Attorney | Bcom & BProc

After matriculating at Paarl Boys’ High School, Richard completed his BCom and BProc degrees at the University of Port Elizabeth. He served his articles with Van Wyk Fouchee in Paarl and quickly developed an affinity for litigation. Richard has always had a deep love for the ocean and when he was presented with an opportunity to join Swemmer & Levin on the West Coast, he agreed without hesitation and has been with our firm since 1997. Richard specialises in general litigation and divorces. When he is not in the office or with his family, he tries to spend as much time as possible in or on the water.

Jandré Smith

Director | Attorney | LLB

Jandré grew up and matriculated in the small Klein Karoo town of Oudtshoorn. He furthered his studies at the North-West University in Potchefstroom, obtaining his LLB degree during 2015. He completed his articles at Swemmer & Levin in 2017 and was subsequently appointed as a professional assistant. In 2020, Jandré was promoted to the position of director at the firm, where he practises in the Litigation department at our Langebaan office. When not practising law, Jandré is an avid sports fan. He has a passion for nature and enjoys camping, trail running, and mountain biking with his family.

Andre van der Walt

Director | Attorney | LLB

Andre graduated in 2015 with an LLB degree from the University of Pretoria. He later went on to obtain his NQF 7 Certificate in the Administration of Deceased Estates from the University of South Africa, which allowed him to further his career in deceased estates and the drafting of wills and trusts. Andre served his articles at Barnard & Patel Attorneys under the supervision of Mr YAS Patel. After being admitted as an attorney in 2016, he continued working at Barnard & Patel Attorneys as a professional assistant in the deceased estates department.

Andre joined Van Rensburg Attorneys in 2019 and was head of the deceased estates department until 2021. He then received the opportunity to move to the West Coast, where he joined Swemmer & Levin Attorneys. Andre loves travelling and enjoys the beauty that our country has to offer with his friends, family, and loved ones.

Harmann Potgieter

Attorney | LLB

Harmann graduated in 2018 with an LLB degree from the North-West University’s Potchefstroom Campus. He went on to study and grow in various fields, including doing a course on the Consumer Protection Act and a course at the University of South Africa where he obtained his NQF 7 Certificate in the Administration of Deceased Estates.

Harmann completed his articles of clerkship at Swemmer & Levin under the supervision of Mr Richard Phillips. After being admitted as an attorney in 2020, Harmann continued with Swemmer & Levin as a professional assistant in the deceased estates department as well as the litigation department. He loves to study, possesses a deep curiosity about the world, and is dedicated to giving back to the community.

Carla Botha

Director | Attorney, Conveyancer & Notary | LLB  

Carla obtained her LLB at the North West University, Potchefstroom Campus in 2015. She completed her articles in 2017 with Brits Dreyer Inc in Bellville. She is an admitted Attorney, Notary and Conveyancer. After her articles she relocated to Kimberley where she worked as a professional assistant in the Conveyancing department of Van de Wall Inc. Coming back to her Western Cape roots, she now joins the Swemmer & Levin team as a professional assistant.

 

Bea Hansen

Candidate Attorney | LLB  

Bea obtained her LLB degree from the University of the Western Cape. Originally from Velddrif on the West Coast, she has a strong connection to the area and its people, which has played an important role in shaping who she is.

She joined the Swemmer & Levin team in 2026 as a Candidate Attorney and is excited to begin her career in law. She is passionate about helping people, learning and growing within the legal profession, and making a meaningful contribution to her community.

 

Jana Steyn

Conveyancer | LLB  

Jana grew up in Mokopane, in Limpopo. She obtained her LL.B degree from the University of South Africa (UNISA) in 2017 and was admitted as an Attorney in 2019. Her early career provided her with broad experience across various areas of law, including litigation, debt collection, estate administration and wills, divorce matters, contracts and conveyancing.

In 2022, Jana relocated to the West Coast, and shifted her focus to conveyancing. She was admitted as a Conveyancer in 2023. Jana joined the Swemmer & Levin team in April 2026 as a Conveyancer.